Beste Bellatrix Daghuisdames

Dit is ʼn groot eer vir my om die koshuisouer van Bellatrix Damesdaghuis te wees. Ek is bekend met die paaie wat jy elke dag stap en het ook as student gesweet in die welbekende “Weet en Sweet”. Ek het my studies by die NWU Potchefstroomkampus aangepak ʼn wyle terug en is geseënd om by Studentevoorligting en -Ontwikkeling te werk waar ek my drome uitleef. Ek kan mooi onthou hoe bang ek was vir die onbekende pad, maar my geliefde ouers het my aangemoedig om elke geleentheid aan te gryp, myself buite my gemaksone te plaas en die beste van elke situasie te maak. Ek het en ek is verewig dankbaar vir my lewenslesse.

Ek wil julle graag aanmoedig om deel te neem aan al die geleenthede wat Bellatrix en die NWU jou bied. Dit vat slegs 30 sekondes om jou vrese aan te spreek en te volhard in jou pad om jou drome te bereik. Jy sal inderdaad die voordele ploeg as jy hierdie pad stap. Ek, as koshuisouer, vier al jou suksesse saam met jou; ek is ook daar in die tyd van trane en hartseer as gevolg van teleurstelling. Ek is slegs ʼn oproep of kantoor spasie weg. My deur en hart is altyd oop vir jou. Ek sien uit om jou te sien groei en die beste mens te raak vat jy kan wees.

Trixie-liefde,

Juan-Ri Potgieter, Bellatrix Koshuisouer

Juan-Ri Potgieter
Werk: 018 285 2568
Epos: juanRi.Potgieter@nwu.ac.za