Corridor 1 - Viooltjies

Gang 1 - Viooltjies

Viooltjies is die eerste gang aan die Suide kant. Hier word jy vriendelik gegroet deur die ‘pienk’ gang waar die meisies met trots hulle krone na aksies toe dra. Die gang is trots op hulle spieël (mascot) genaamd Milady. Hier leef die inwoners van Viooltjies met trots hulle leuse: ‘Weerspieël jou vrolikheid’ uit.

Corridor 2 - Poison Ivy

Gang 2 - Poison Ivy 

Poison Ivy is die ‘Texas cowgirls’ van Minjonet. Die gang het nie net een nie maar 2 ‘mascots’ wat kaktusse is, die groot een se naam is: ‘Haar Majestueuse Mak Rakkesteuese Bella Noia Perfecta Kaktusplant’ en die klein een se naam is: ‘Edna’. Hier dra een van die inwoners die bekende ‘cowboy boots’ na ʼn aksie toe.

Corridor 3 - Leeubekkie

Gang 3 - Leeubekkie

Leeubekkie is die bekkige en ‘LOUD’ gang van Minjonet. Hulle leuse gee uiting aan die karakter naamlik: ‘Play Hard or Go Home’. Hulle tema is ‘Royal Casino’ waar die pak kaarte vir hulle baie van waarde is. Die inwoners se ‘mascot’ is Lady Vadavushka - ʼn pop wat die meisies verwelkom op die gang. Die inwoners dra met trots hulle gangdrag wat pragtige swart en rooi truie is, wanneer dit egter bietjie kouer is dra hulle weer hulle swart en rooi baadjies.

Corridor 4 - Iris

 

Gang 4 - Iris

Iris is die boonste gang aan die Suide kant met die mooiste uitsig oor die kampus en Potch se strate. Die gang se tema is Paris en met aksies dra elkeen iets pers. Iris se ‘mascot’ is die Pink Panther. Hier sing die meisies met trots hulle ganglied naamlik die Iris’ Call (ook bekend as die Ireland’s Call) terwyl hulle ʼn hartjie met hulle hande hou. Die meisies lewe met trots hulle leuse uit: ‘Waar ons Harte lê’.

Corridor 5 - Kruidjie-roer-my-nie

Gang 5 - Kruidjie-roer-my-nie

KRMN is die enigste gang aan die Noorde kant van Minjone. Dit is ook die grootste gang in die koshuis. Die inwoners dra met trots hulle swart ganghemde en snorbaarde na verskeie aksies. Hier is die inwoners baie trots op hulle mede-inwoner, naamlik Ollifante-krokke-noster-krok-pap-pof-muis-grillik-swart-kat, wat die gang se ‘mascot’ is. Met ʼn aksie sing die meisies uit volle bors die bekende ‘Kruidjie-Roer-My-Nie’ liedjie, verder skroom die meisies ook nie om die ‘kat in die donker te knyp nie’ net soos wat hulle leuse lui.