Virtuele Toer

Welkom by die Noordwes-Universiteit (NWU) – dit begin alles hier!

Die beste manier om die lewe aan Noordwes-Universiteit te verstaan, is om dit eerstehands te ervaar. So, kom ontdek ons kampusse. Of dit nou op die kampus is of deur ’n virtuele ervaring, jy het verskillende geleenthede om te sien wat NWU bied!

 

Kampusbesoeke

Welkom by die Noordwes-Universiteit, waar die strewe na uitnemendheid ons daaglikse verbintenis is!

Is jy gereed vir ʼn akademiese avontuur sonder gelyke? Beplan jou besoek aan die NWU en verdiep jou in uitnemendheid. Oorweeg die volgende:

🎓 Watter fakulteit(e) wil jy graag verken?

🏠 Wil jy ʼn koshuis besoek?

🏀 Bespreek jou besoek nou: Is daar ʼn spesifieke sportsoort waarvan jy baie hou?

Of dit nou ʼn individuele besoek of ʼn groepverkenning is (beperk tot 40 studente, met geskikte datums van Mei tot Oktober), sluit by ons aan op hierdie reis van akademiese uitnemendheid! 🎓

Individuele besoek

Groepbesoek

Om die beste moontlike ervaring te verseker, bespreek asseblief jou besoek 48-72 uur voor die tyd.

Ons kan nie wag om die NWU-ervaring met jou te deel nie.

Dit begin alles hier!


NWU virtuele toer

Met die NWU se virtuele toer kan jy ons wonderlike kampusse vanuit die gemak van jou huis geniet.

Die virtuele toer bied ʼn kykie na hoe jou lewe as ʼn NWU Eagle kan wees. Jy kan twee kursusse, die kampus en die buitemuurse aktiwiteite kies. ʼn Toer word dan spesiaal net vir jou saamgestel.

Ontdek die Noordwes-Universiteit-ervaring met ons virtuele toer.

 

 


Opedae

Begin hier, sweef na enige plek!

Wêreldklas onderwys? Dinamiese studentelewe? Asemrowende kampusse?

Ons het dit alles en meer by Noordwes-Universiteit (NWU) se opedae!

Teken hierdie datums op jou skedule aan:

  • 4 Mei 2023: Potchefstroomkampus

  • 11 Mei 2023: Vanderbijlpark-kampus

  • 18 Mei 2023: Mahikeng-kampus

Die arend in jou wag om te sweef.

Dit begin alles hier!