Inentings: Potchefstroom-studente | Studies | NWU | Noordwes-Universiteit

Die risiko vir eerstejaarstudente om blootgestel te word aan siekte veroorsaak deur meningokokkus (bakteriese meningitis) is wêreldwyd baie hoër  in vergeleke met die algemene bevolking.  

Hoe word siekte veroorsaak wat deur meningokokkus oorgedra word?

Siekte veroorsaak deur meningokokkus is seldsaam, maar onvoorspelbaar.  Terwyl baie aan die organisme blootgestel word, beswyk almal nie weens die siekte nie.  Die bakterieë word van mens tot mens oorgedra deur druppeltjies respiratoriese of keelafskeidings van draers.  Naby en verlengde kontak, soos om iemand te soen en naby of op hom/haar te nies of te hoes, om eet- en drinkgereedskap te deel wanneer daar dig saamgeleef word (soos in koshuise, slaapsale en lesingsale) verhoog die kans om meningitis by ʼn besmette individu (draer) aan te steek.  Kliniese studies hou voor dat universiteitstudente baie vatbaarder is omdat hulle so naby mekaar leef en werk.

Hoe kan siekte veroorsaak deur meningokokkus voorkom word?

Die goeie nuus is dat siekte veroorsaak deur die meningokokkus bakterie voorkom kan word met ʼn entstof.  Daar word aanbeveel dat u kind ingeënt word teen meningitis met die entstof genaamd Menactra.  Die entstof word wêreldwyd gebruik en beskerm effektief teen  van die algemeenste stamme van die siekte. Beskerming teen die siekte duur deur volwassenheid en derhalwe word ʼn toekomstige aanspoordosis nie vereis nie.  Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie entstof, Menactra, nie dieselfde is as die entstof wat u kind as baba ontvang het nie.  Newe-effekte van die entstof is seldsaam en gewoonlik matig, hoofsaaklik bestaande uit rooiheid en geswel by die plek waar die inspuiting toegedien is wat tot twee dae kan duur.  Ons beveel aan dat u met u gesondheidsorgpraktisyn of die universiteitskampus se gesondheidsdienstepersoneel gesels oor verdere inligting  oor die siekte, die entstof en of dit wenslik is dat u kind ingeënt word.

Hoe werk die inentingsproses?

Die Universiteit stel voor dat u inenting teen siekte wat veroorsaak word deur meningokokkus met u seun of dogter bespreek en daaroor ingelig wees dat die entstof beskikbaar is op die Potchefstroomkampus by die Gesondheidsorgsentrum, Gebou E16 waar gekwalifiseerde gesondheidsorgpraktisyns beskikbaar sal wees om die inenting toe te dien.  Vir enige navrae, kontak: 018-299 4345 of Helene.Nel@nwu.ac.za

Aanbevelings:

  • Indien die student ’n mediese fonds het, doen inenting by ’n apteek, Dischem, Clicks of gesinsarts.
  • Laat die student inent voor registrasie as ’n NWU-student
  • Addisionele inenting teen Masels, Pampoentjies en Rubella (Duitse masels) - die MMR-entstof en Kinkhoes word ook ten sterkste aanbeveel.
  • Handig voltooide vorm tesame met bewys van betaling op die dag van inenting in of stuur dit na die volgende e-posadres: mittah.mokgothu@nwu.ac.za
Laai hier ʼn magtigings-/versoekvorm af wat deur die voornemende student of ouer/voog voltooi en geteken moet word . Die voornemende student of ouer/voog moet hierdie voltooide vorm tesame met bewys van betaling op die dag van inenting inhandig of dit stuur na  Helene.Nel@nwu.ac.za
Die inenting kan ook gedoen word by ʼn mobiele kliniek, ʼn apteek of gesinsarts voor registrasie as ʼn NWU-student.