Dennepark-Noord maak spesifiek voorsiening vir NWU-sportstudente. Daar is 4 blokke, elk met 25 enkelkamers. Elke blok het twee badkamers, 'n gemeenskaplike kombuis en 'n waskamer met 'n wasbak, wasmasjien en tuimeldroër. Dennepark-Noord is 'n nuwe koshuis vanaf 2023 en sal aktief deelneem aan kampuskoshuisaktiwiteite, wat aan inwoners die volle studentelewe-ervaring sal bied.