Kamers

Dubbelkamers:

  • Bed x 2
  • Lessenaar x2
  • Internetpoort x2
  • Televisie poort
  • Boekrak x2
  • Kas x2
  • Telefoon x1 (slegs vir tussen voorportaal en kamer)
  • Elektrisiteit punte x5 (2 onder elkelessenaar en 1 teen muur)
  • Verwarmers en Buislig x1

 

Ander fasiliteite

Die voorportaal is waar die eerstejaars telefoondiens doen en reguleer wie in die koshuis inkom. Die Huiskomitee-kamer is die kamer waarvoor slegs die HK ʼn sleutel het. Hier word daar weekliks HK-vergaderings gehou. Die koshuis beskik ook oor ʼn Gebedskamer en ʼn Argiefkamer. In die Gebedskamer is daar alle benodighede vir stiltetyd. Die Argiefkamer is daar vir al die argiefmateriaal van die koshuis. Die Ontspanningsaal is daar om lekker uit te rus na ʼn lang week se harde werk. Die rekenaarlokale van die koshuis is daar vir mense wat nie oor persoonlike rekenaars beskik nie. Hierdie lokale is ook 24/7 oop en toeganklik vir al die inwoners.