Aansoeke

Aansoeke is oop

Welkom by Noordwes-Universiteit (NWU) – Dit begin alles hier!

Voordat jy met jou aansoek begin, maak asseblief seker dat jy die volgende het:

  • ʼn Geldige, persoonlike e-posadres (één e-posadres mag slegs deur één aansoeker gebruik word) 
  • Jou dokumente gereed in PDF- of JPEG-formaat

 

Doen nou aansoek

Het jy ’n vraag?

 

Aandoekdatums

  • Aansoeke open: 1 Junie 2026 
  • Keuringskursusse sluit: 30 Junie 2026 
  • Aansoeke vir algemene kursusse en akkommodasie sluit: 31 Augustus 2026 
  • Nagraadse aansoeke sluit: 30 November 2026

 

 

 

Berei jou dokumente voor

Laai asseblief elke dokument afsonderlik op:

  • ID-dokument of paspoort (geboorte-sertifikate word nie aanvaar nie
  • Finale Graad 11- of 12-uitslae 
  • Nagraadse aansoekers: navorsingskonsep/-voorstel

 

 

Administrasiegeld

ʼn Nie-terugbetaalbare administrasiefooi is van toepassing:

  • R150 – Suid-Afrikaanse aansoekers 
  • R600 – Internasionale aansoekers

Let wel: Die administrasiefooi kan slegs aanlyn betaal word.

 

 

 

 

Voordat jy jou studie-opsies kies, maak seker dat:

  • Jy aan die program se toelatingsvereistes voldoen. Indien jy nie aan die vereistes voldoen nie, sal die kwalifikasie nie vir jou beskikbaar wees nie. 
  • Sekere programme word slegs op spesifieke kampusse aangebied.
  • Sommige programme is beskikbaar deur middel van afstandsonderrig, terwyl ander deur middel van voltydse kontakleer aangebied word.

 

Let wel: Voldoening aan die minimum vereistes waarborg nie toelating tot die NWU nie. Die toelatingsbesluit is finaal, en geen appèlle word toegelaat nie.

 

Kontakbesonderhede

  • E-pos: studies@nwu.ac.za
  • NWU-inbelsentrum: 0860 169 698 
  • WhatsApp-lyn: +27 (0) 60 070 2606
  • SMS-lyn: 31750

 

Toelatingsvereistes 

Neem asseblief kennis dat die universiteit weens kapasiteitsbeperkings hom die reg voorbehou om kandidate vir toelating tot bepaalde studierigtings te keur. Dit beteken dat voornemende studente wat aan die minimum vereistes voldoen nie noodwendig tot die betrokke kursusse toegelaat sal word nie. Weens die kapasiteitsbeperkings en die groot aantal studente wat aansoek doen om toelating tot bepaalde studierigtings sal studente op grond van hul Graad 12-uitslae gekeur word vir toelating tot hierdie studierigtings.