Nagraadse aansoekers: Die NWU het ’n groot volume aansoeke vir 2026 ontvang en hersien elkeen noukeurig om ’n regverdige keuringsproses te verseker. Indien jou status “Aansoek geverifieer” aandui, neem asseblief kennis dat die fakulteit steeds besig is om besluite te finaliseer. Jy sal so gou as moontlik kommunikasie ontvang.
Honneurs-, Meesters- en PhD-studente kan tot Dinsdag 31 Maart 2026 registreer.
Begin met jou meestersgraad- en doktorale studie
Welkom by Meestersgraad- en Doktorale Studies aan die NWU! Verken hier jou opsies en sien wat die vereistes is om met jou nagraadse reis te begin.
Oorweeg jy M- en D-studie?
Is jy van plan om ’n meestersgraad- of doktorale reis te onderneem? Hierdie nagraadse programme is ontwerp om jou intellektueel uit te daag en jou te bemagtig om ’n betekenisvolle bydrae op jou studiegebied te maak.
Verken ons meestersgraad- en doktorale (PhD-) kwalifikasies
By die NWU kan jy verskillende roetes volg om jou nagraadse kwalifikasie te voltooi, afhangend van jou studiegebied, loopbaandoelwitte en persoonlike belangstellings.
Aansoek goedgekeur? Raadpleeg die padkaart na jou navorsingsreis as ’n M- of D-student
Registrasie
- Kies 'n studieleier:
Die keuse van ’n studieleier is ’n kritieke stap in jou navorsingsreis; dit is ’n vennootskap wat tot ’n groot mate jou sukses sal bepaal. Die studieleiersooreenkoms, wat in die Hoërgraadhandleiding (HDM) uiteengesit word, omskryf hierdie verhouding en verskaf duidelikheid oor verwagtings.
Studie-inskakeling
- Hoërgraad- akademiese lewensiklusvorms
- Handleiding vir hoërgraadstudie
- Akademiese reëls en beleide
- Registreer vir 'n ORCiD (’n platform om jou as navorser te identifiseer)
Voorleggingsontwikkeling
- Inleiding tot die proses vir ’n navorsingsvoorstel:
Jou navorsingsvoorstel dien as bloudruk vir jou studie. Dit is ’n noodsaaklike dokument wat die probleem uitstippel wat jy wil ondersoek, jou navorsingsvrae stel en die metodes wat jy gaan gebruik om dit te beantwoord.
Etiek en die gebruik van KI
Navorsingsetiek verwys na ʼn spesifieke stel morele beginsels wat die norm en standaarde beheer van hoe navorsing wat menslike deelnemers, diere, die omgewing en die samelewing behels of betrek, uitgevoer en gedissemineer moet word. Navorsingsintegriteit het betrekking op die gedrag van die navorser terwyl hy/sy navorsing doen deur spesifieke navorsingsintegriteitsbeginsels en -verantwoordelikheid na te kom.
- Navorsingsetiek-inligting
- Navorsingsetiek-opleiding
- Navorsingsetiekkomitees (NEK’s)
- Geïntegreerde Navorsingsintegriteit-bestuurstelsel (GNIBS)
- Beleide, reëls en vorms m.b.t. Kunsmatige Intelligensie (KI)
Doen van die navorsing
- Die NWU is tans besig om ’n opleidingsbank te ontwikkel wat akademiese leiding stap vir stap verskaf
- Nagraadse ondersteuningsentrum
- Skryfsentrum – ondersteuning vir akademiese skryfwerk
- Gratis webinare via LibCal om jou nagraadse navorsingsvaardighede te slyp
Eksaminering
’n Stelsel vir hoër grade word tans ontwikkel (vrystelling word vir die tweede semester van 2026 beoog) en sal die eksamineringsproses ondersteun.
Dit is belangrik om jouself van die Algemene Akademiese Reëls (A-reëls) te vergewis.
Graduering
’n Stelsel vir hoër grade word tans ontwikkel (vrystelling word vir die tweede semester van 2026 beoog) en sal help om jou gereedheid vir gradering te bepaal.
Gradueringsdatums en skakels vir lewendige stroming word deur Seremonies gekommunikeer.
Baie geluk, NWU-alumnus!
- Bly aktief in die toekoms van die NWU.
- Sluit by die NWU Konvokasie aan en word deel van die besluitnemingsproses by die NWU!
Ondersteuning
Welstandsondersteuning
Ons ondersteun studente in tye van nood en help hulle om op alle gebiede van die lewe optimale welstand te bereik, insluitende emosionele, maatskaplike en fisieke welstand.
Nagraadse ondersteuningsentrum
Ons verskaf ’n reeks opleidingsinisiatiewe en ondersteuning om nagraadse NWU-studente te help om hulle navorsing en akademiese skryfvaardighede te bevorder en verskaf bykomende navorsingsverwante instrumente, vaardighede en strategieë om te verseker dat hulle hulle grade binne ’n redelike tyd voltooi.



