Voorwaard

 

Boodskap van Heide Huisouers

 

Welkom by Heide, die tuiste van dinamiese dames. Om jou ouerhuis te verlaat mag skrikwekkend voorkom, maar by Heide streef ons daarna om hierdie jou huis weg van die huis te maak. ʼn Plek waar elke jong dame die geleentheid het om ʼn gebalanseerde en afgeronde studente-ervaring te beleef. Terwyl ons lang lys prestasies getuienis hieroor bied, stel Bryan Adams se lirieke in Summer of ’69  dit baie mooi en is hierdie die beste dae van jou lewe. Mag hierdie refrein deur jou gedagtes ego terwyl jy sommige die beste dae van jou lewe hier ervaar. Ons wens is dat jy vriendskapsbande sal vorm wat veel langer sal strek as jou studentejare by die NWU. Boonop slyp Heide die leiers van more om nuwe hoogtes te bereik wanneer hulle die werkplek betree. So, welkom by jou nuwe huis, ʼn plek om jou lewensroeping te vind en voor te berei vir die wonderlike toekoms wat voor jou strek – met styl. Ons sien uit daarna om ons deel by te dra in hierdie belangrike fase in jou lewenswandel.

 

Hartlike groete,

 

Duane Aslett

 

 KOSHUISOUERS: Duane Aslett  KOSHUISBEAMPTE: Carina van Heerden
Werk: 018 299 1390 Werk: 018 299 1172
Huis:  018 299 1170   
Epos: Duane.Aslett@nwu.ac.za  Epos:  carina.vanheerden@nwu.ac.za