Daar is 'n plek wat staan op die NWU Potchefstroomkampus. Ons noem dit Hombré Manskoshuis. Hier leef en speel ons almal tesaam en werk tot eer van Sy Naam.

Nie net is hierdie 'n uittreksel uit ons koshuislied nie, maar waarlik 'n onderneming van elke bul in Hombré. Hombré is een van die oudste manskoshuise op kampus, en ook nie sonder rede nie. Hombré het al die toets van die tyd deurstaan.  Mens dra nie net die koedoebul op jou bors nie, mens dra hom in jou hart, en elke bul wat al in Hombré was deur die jare sal daarvan kan getuig.  Hombré gaan oor trots, eer, oor en respek, maar bo dit alles gaan Hombré oor broederskap. Hombré is nie net nog 'n koshuis nie, maar 'n leefwyse!  

Hombré visie

“Excellence through discipline, class and unity”.

Hombré missie 

Hombre is ‘n tradisieryke huis wat Bulle vorm met waardes. Hombre is verder `n huis wat deur middel van geloof, broederskap, trots en wedersydse respek, sy inwoners bemagtig om hulle volle potensiaal te bereik tot voordeel van die gemeenskap, die Universiteit en Hombré Manskoshuis.

Hombré waardes 

  • Trots
  • Respek
  • Broederskap

Hombré slagspreuk 

Hoe ouer die Bul, hoe harder die horing.