Geagte voornemende Caputter

Dit is met groot eer dat ek jou verwelkom as inwoner tot die huis van die rooikat. 'n Huis gebou op meer as net sement fondasies, maar eerder op jare se trots, broederskap en sterk tradisie. Dit is hier waar...jy sal groei van 'n hoërskool seun na 'n volwasse man, gereed om die wêreld te betree met die wete dat jy trots het vir jouself en respek vir jou mede mens.

Dit is hier waar jy vriende vorm wat broers word, broers wat by jou sal staan tydens goeie en slegte tye. Hier waar broers die letters van Caput elke dag uitleef, Christelike waardes, Akademiese prestasie, Aersoonlike groei, Uitnemendheid op alle gebiede en natuurlike ons besonderse Trots. Hier waar stories begin wat jy 'n leeftyd saam met jou sal dra.

Dit is met groot sekerheid wat ek sê dat indien jy deel vorm van Caput manskoshuis, jy nooit spyt sal wees nie, maar eerder 'n trots vir die koshuis en universiteit sal ontwikkel wat geen mens ooit sal kan verwyder nie

Ons sien uit om jou deel te maak van die plek wat die res van jou lewe jou huis genoem sal word. Caput manskoshuis waar jy die man word wat jy eendag wil wees.
 

 

 

Koshuisouers

 

Inwoningsbeampte

Mnr Rethabile Dube Este Bartlett
Werk: 018 299 2005 Werk: 018 299 1331
Huis: 018 299 4414  
Epos:27099806@nwu.ac.za Epos: Este.Bartlett@nwu.ac.za