Geagte voornemende De Wilger Man


De Wilgers Manskoshuis op die Potch-kampus van die Noordwes Universiteit is werklikwaar jou huis weg van die huis af.

Die koshuis, met 197 inwoners, bied aan elke voornemende student die geleentheid om “studentwees” in die ware sin van die woord te ervaar. Ons bied jou die geleentheid om, in ʼn aangename koshuisomgewing, jou akademies te kan voorberei vir jou beroepskeuse, terwyl jy ook deel sal word van ʼn energieke studentelewe waarin jy jou totale menswees kan ontwikkel deur deelname aan ʼn wye verskeidenheid aktiwiteite binne die georganiseerde studentelewe op die kampus, waaronder sport, kultuur, sosialisering, persoonliksheids- en leierskapsontwikkeling en vele meer.

Die sukses van jou akademiese voorbereiding begin by die korrekte keuse van die koshuis waarin jy vir die volgende 3 of meer jare gaan deurbring, en in daardie opsig is De Wilgers Manskoshuis die beste keuse. Die koshuis se tradisies is gegrond op waardegedrewe beginsels van gelykheid, respek, eerbied en lojaliteit. Inwoners kry werklik die geleentheid om as totale mens te ontwikkel en hul deeglik voor te berei vir die arbeidsmark en die eise van die werksomgewing. Kom word deel van ʼn koshuis met ʼn lang en roemryke tradisie.
Al wat ons van jou vra is bereidheid om jou talente, gawes en entoesiasme tot beskikking van die koshuis te stel om sodoende te help om dié koshuis die beste kampuskoshuis in die land te maak.
 
Hoop ons sien jou volgende jaar!!!

 

 Mr Myrone Stoffels: Koshuisouer  Garth Esterhuysen: Koshuisbeampte
 Werk: 018 299 1685  Werk: 018 299 1109
 Huis: 018 299 1262  
 Epos: myrone.stoffels@nwu.ac.za  Epos: 28300017@nwu.ac.za