NSFAS Befondsing

Aansoeke word deur NSFAS self hanteer en verwerk.

Aanlyn aansoekvorms is beskikbaar op die NSFAS webblad

Senior Studente

  • Slegs nuwe aansoekers moet elektronies aansoek doen. Huidige NSFAS-studente wie 'n kontrak voltooi het en die lening ontvang het, moet nie aansoek doen vir 2019 nie. Die aansoek sal oorgedra word tot jy jou studies voltooi het, indien  jy aan die akademiese kriteria voldoen het: 50% + 1 vir geregistreerde modules.

  • Geen harde kopieë of laat aansoeke word aanvaar nie.

Nagraadse studente

         Slegs studente wat vir die volgende nagraadse kursusse registreer, moet heraansoek doen:

 

  • Studente wat BA Regte of BCom regte verwerf het en voortgaan met LLB.

  • Honneurs in BCom Geoktrooieerde Rekenmeesterskap

  • Studente wat vir NGOS registreer.

 Neem asseblief kennis

  • Jou aansoek waarborg nie dat jy vir NSFAS goedgekeur sal word nie. Maak seker dat jy vir ander finansiële steun ook aansoek doen.

  • Slegs goedgekeurde NSFAS-studente kan vir Privaatverblyf aansoek doen.

 

Kontak die NSFAS Kantoor by:

Studente kan ook aanklop by Fundi, 'n onafhanklike finansiële instansie, wat studielenings bied.

Verwante skakels vir onafhanklilke lenings:

Absa
FNB
Nedbank
Standard Bank