NSFAS Befondsing
|
Die NSFAS befondsing bied finansiële ondersteuning aan alle studente met akademiese potensiaal, maar wat finansieel behoeftig is. NSFAS aansoekvorms slegs aanlyn beskikbaar.
|
Funza Lushaka Onderwysbeurs
|
Die beurs word aan studente toegeken wat Suid -Afrikaanse burgers is met ten minste een van die volgende prioriteitsarea-spesialiteitsvakke by die kwalifikasie ingesluit:
-
Grondslag fase (Grade R-3): Spesialisasie in ʼn Afrika -moedertaal
-
Intermediêre en Senior Fase (Grade 4-9) : Wiskunde, Wetenskap of Tegnologie
-
VOO-fase (Grade 10-12) :Rekeningkunde, Landouwetenskap, Landboutegnologie, Siviele Tegnologie, Rekenaartoepassingstegnologie, Ekonomie, Elektriese Tegnologie, Ingenieursgrafika en ontwerp, Aardrykskunde, Inligtingstegnologie, Lewenswetenskappe, Wiskunde, Meganiese Tegnologie of Fisiese Wetenskappe
|
Akademiese Merietebeurs
|
-
Voltydse eerstejaars-, tweedejaars- of derdejaarsstudente wat aan die vereistes voldoen sal die beurs outomaties ontvang. Geen aansoekvorm is nodig nie.
-
Geregistreerde, deeltydse kontakstudente moet vir die beurs aansoek doen.
|
Familie afslag
|
Hierdie beurs word toegeken aan studente wat aansoek doen, en die tweede of derde ens. kind van dieselfde familie is wat by die NWU wil studeer. Daar moet jaarliks weer aansoek gedoen word voor die sperdatum om te kwalifiseer:
-
Tweede student : 15% afslag op klasgelde
-
Derde student : 20% afslag op klasgelde
-
Vierde student : 25% afslag op klasgelde
|
Leierskapsbeurse
|
-
Net van toepassing op Graad 12-hoofleier (hoofseun of -meisie) van 'n skool.
-
Die student moet reeds toelating by die NWU verkry het om aansoek te doen en te kwalifiseer vir hierdie beurs.
-
Hierdie is 'n eenmalige beurs en word net in die student se eerstejaar toegeken.
|
Ondersteuningsbeurse
|
|
Kuns- en Kultuur beurse
|
-
Kuns en Kultuur beurse is net vir een jaar geldig
-
Daar word van alle beurshouers verwag om soveel as moontlik by die NWU se kuns en kultuur aktiwiteite betrokke te wees.
-
Slegs individuele prestasies word in ag geneem.
-
Prestasies ten opsigte van olimpiades en uitstallings maak nie deel uit van hierdie beurse nie.
|
Sportbeurse
|
Ronel Emms (Rugby Instituut)
(018) 299 2429
Corene Middleton (ander sport)
(018) 299 2905
Sluitingsdatum vir all sportbeursaansoeke is jaarliks 15 Oktober
|