Heide is in 1969 gestig, maar eers amptelik geopen in 1970 en is in 2016 dus 46 jaar oud. Dit is maklik om te sien dat Brian Adams se "Summer of 69" liedjie elke Heide dame se hart en voete laat roer!

 

Waarvoor staan HEIDE?

  • Hoop
  • Eerlikheid
  • Integriteit
  • Deursettingsvermoë
  • Entoesiasme

Ons leef volgens die beginsels en streef daarna om waardegedrewe dinamies te lewe. 

'n Heide dame is die volgende...

Dit is hier waar jy instap as 'n skoolmeisie en uitstap as 'n dinamiese dame. 'n Heide dame is die volgende: Almal praat daaroor, almal streef daarna, almal wat leef en beef weet daarvan. Daar is iets aan ‘n Heide dame! ‘n Mens kan nie vinnig jou vinger daarop plaas nie! Dinamies is wat almal van haar sê! Maar wat beteken dit nou eintlik? Sy is nie meer ‘n meisie nie, maar ‘n dame - 'n dame met styl, klas en integriteit. Dis iemand wat haarself altyd so gedra dat ander meisies streef om so te wees. Sy laat alle bloue mooi lyk. Sy streef daarna om alles wat sy aanpak te doen met Hoop, Eerlikheid, Integriteit, Deursettingsvermoë en Entoesiasme! Hoekom? Want sy is ‘n dinamiese dame van Heide. Heide is meer as 'n naam. Dit is meer as 'n plek. Dis meer as 'n koshuis. Dis die wete dat jy so bevoorreg is om elke dag wakker te word in 'n huis wat jou die geleentheid gee om te groei en deel te wees van iets groter.

Dis als daar...

  • 'n Kans om jouself te vind.
  • Sport. Kultuur. Leierskap.
  • Om lekker te kan partytjie.
  • Herinneringe te maak.
  • Vriendinne wat soos sussies voel.
  • Saam-lag. Saam-droom. Saam-huil. Saam-bid.

Dit is alles wat Heide vir jou kan bied, en soveel meer!