Voorwoord

Ons as Hombré Manskoshuis se huisouers is bevoorreg om te kan sê dat hierdie koshuis ons “huis” is. Ons gee leiding aan die trotse jong mans in ons koshuis. Ons glo dat ons in die volgende paar jaar ʼn positiewe bydrae tot hul groei kan maak.

Dit is inderdaad ʼn eer om die Koshuisbestuur te lei saam met ons bekwame Huiskomitee – mans wat deur die koshuis en vir die koshuis gekies is.

Hierdie koshuis is in 1975 gestig, staan bekend as die “rusplek van die koedoebul”, en is steeds ʼn koshuis om mee rekening te hou, alhoewel hier net 133 manstudente bly.

Ons nooi ouers, studente en voornemende eerstejaarstudente om ons te kontak met vrae of probleme met betrekking tot ons koshuis. Ons sal ons bes probeer om al die vrae te beantwoord, maar as ons nie kan nie, sal ons die antwoorde opspoor en so gou moontlik na u toe terugkom.

Vriendelike groete,

Greg Roberts


Kontakbesonderhede

 


Mr Greg Roberts Mrs Catharina Bartlett
Werk: 018 299 1115 Werk: 018 299 1331
Huis: 018 299 4415  
Epos: Greg.Roberts@nwu.ac.za Epos: Este.Bartlett@nwu.ac.za