Baie welkom by en baie geluk met jou keuse van Laureus as jou nuwe tuiste vir die volgende paar jaar. ‘n Tuiste is ‘n plek waar jy nie net ‘n kamer het waar jy slaap en jou besittings in bêre nie. Dis ‘n plek waar jy in ingroei en deel word en waar jy deel in die lief en die leed, die goeie en die swaar tye van almal wat saam met jou die tuiste deel. ‘n Tuiste is ook ‘n plek waar jy jouself kan wees en waar jy ruimte gee vir ander om hulleself te wees, ‘n plek wat van jou opofferings gaan vra en wat ook vir jou gaan opoffer.

Laureus sal so waardegedrewe ‘n tuiste vir jou word as jy hier aankom met die regte gesindheid en met die gewilligheid om jouself met die visie en waardes van Laureus te vereenselwig!

Die bestuurspan van Laureus (Huiskomitee en Huisouers) is toegewyd om hard te werk en te sorg dat die Laureus-tuiste vir jou die ruimte gaan skep om:

  • As hoogste prioriteit, akademies te kan vorder en presteer
  • In ander aktiwiteite van die studentelewe te kan deelneem
  • Jou potensiaal te kan ontwikkel

Ons wil hê dat jy ‘n gelukkige mens sal wees, wat aktief sal inskakel by die koshuislewe, die koshuis en die NWU se naam diep in jou hart en hoog in jou hand sal dra.

 

Huisouer Inwoningsbeampte
Mnr Leroux Malan Reabetswe Khodoga
Werk: 018 299 2852 Werk: 018 285 2409
Huis: 018 285 2410 Epos: 48351598@nwu.ac.za

Epos: leroux.malan@nwu.ac.za