Caput beteken “hoof” of “leier” in Latyn en dit is ook ʼn definisie van elke man wat deur ons koshuis gaan. Op kampus, maar ook in die lewe staan ons uit as leiers van die samelewing.

Caput staan vir: 
 
  • Christenskap
  • Akademiese waardes
  • Persoonlike groei
  • Uitnemendheid op alle gebiede
  • Trots

Hierdie eienskappe is in Caputters ingebed wat hulle laat uitstaan bo ander studente op kampus. Caputters is besonders trots op hul koshuis. Ons is nie net 'n top akademiese manskoshuis nie, maar vaar ook goed op alle ander terreine wat die soos sosiale-, kulturele- en sportgebied. Die besondere gees, deursettingsvermoë, en die ordelike en trotse wyse waarop die Caputters die koshuis bedryf, maak van hierdie koshuis een wat jy graag jou huis sal wil noem. Dit is 'n eer en 'n voorreg om 'n Caputter te wees en ons hoop van harte dat alle nuwelinge met dieselfde trots en in Sy Lig aan die toekoms van Caput sal bou.