De Wilgers is 'n trotse en tradisievaste koshuis wat die toonaangewer is op die NWU Potchefstroomkampus. Hier sal jy vind ons is 'n broederskap van manne van God. Ons is vindingryk, standvastig en die koshuis waarvan enige matriekseun droom om sy universiteitsjare deur te bring. 

Ons ambisie strek tot in die hemel, maar ons voete is plat op die aarde. Hier glo ons in waardes en hier is ons hardwerkend - hier in die hart van die storm, is ons Arendswoning.
"Jesaja 40:31:  maar die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. Hulle hardloop en word nie moeg nie. Hulle loop en word nie afgemat nie." 

 

In die skadu's van De Wilgers sien ek my mense, my vriende, my broers en ons is lief vir mekaar. Ons staan vir dit waarin ons glo en ons staan nie terug vir enigiemand nie!