Ons is 'n dorpskoshuis. Elke student woon in sy eie woonstel, woon die koshuis se gebeure by en vorm deel van die koshuis. Ons as dorpskoshuis bied nie verblyf aan nie. Studente kan die NWU Potchefstroomkampus skakel of op die web kyk vir hulp met verblyf.

HEIMAT bestaan uit 'n Kantoor en Klubhuis.

Die kantoor

  • Ons kan by die SS langs Nashua en Absa se OTM'e gevind word.
  • Ons is Maandag, Dinsdag en Donderdag tussen 13:00 en 14:00 by die kantoor beskikbaar.
  • Ons kantoor is daar sodat ons met almal kan gesels oor hulle week en vir enige navrae.
  • Ons het 'n rekenaar in die kantoor met internet tot ons beskikking.
  • Daar is ook 'n telefoon waar u ons kan skakel.

Die KLAPHEIS (klubhuis)

  • Die klubhuis (Klapheis) is agter die HEIMAT-gebou aan die straat se kant.
  • Ons is Woensdae en Vrydae tussen 13:00 en 14:00 in die klubhuis.
  • Na elke rugby wedstryd gaan ons na die klubhuis toe om die “Speler van die wedstryd" aan te kondig.
  • Ons het so ook 'n snoekertafel en ‘n TV in die klubhuis waar daar wedstryde gekyk word.
  • Ons het ook 'n braai waar ons Vrydae na die besige week braai.