Klawerhof Dameskoshuis is op pure geluk gebou. Een en elke Klawerhof dame kry hier die geleentheid om vrylik in hulself te groei. Ons spog met ’n prag koshuis wat so goed geleë is op die NWU-Puk kampus en die fondament waarop hierdie prag koshuis gebou word is uit-en-uit Klawertrots. Kenmerkend van die koshuis self is ons uiterse ruim kamers, die sterk susterband tussen al die dames en ook die manier waarop elke Klawerhof dame haar huis op haar hart dra en haar ambisie en waardegedrewe gesindheid vir die koshuis op kampus uitleef.

“Hold on tight you know she’s a little bit dangerous” - dis in hierdie koshuis waar elke Klawerhof dame kliphard werk en so haar onophoudelike geluk vind! So hou vas, sy sal vir jou nuwe wêrelde oopmaak!

Visie

“Om ‘n passievolle en waardegedrewe huis te wees, wat gebalanseerd is en met finesse presteer.”

Missie

  •     Om na binne en na buite persoonlike groei te ervaar.
  •     ‘n Eenheid, as familie te help ontwikkel, sodat Klawerhof werklik ons “huis weg van die huis af” kan wees.
  •     Met verbintenis oral en in alles ons trots vir ons koshuis uit te leef.
  •     Standvastigheid uit te straal en sodoende diegene wat wankel, reg te help.
  •     Om gebalanseerd en gemotiveerd as ‘n eenheid te funksioneer en bowenal “ander te behandel soos wat ek self behandel wil word”.