Kamers

In Klawerhof bestaan daar enkel, huiskomitee- en dubbelkamers. Eerstejaars word volgens die NWU Potchefstroomkampus se regulasies in dubbelkamers ingedeel. Hierdie is ‘n baie lekker aspek omdat eerstejaars kamermaats kry op grond van persoonlikheidalalises en studievoorkeure. Daarom is jy verseker om ‘n kamermaat te kry wat op dieselfde wyses as jy funktioneer.

Alle kamers is standard ingerig met die volgende: 2 lessenaars, 2 stoele, 2 boekrakke, 2 bedbassise met matrasse, 2 kaste, 2 aansteekborde, 1 verwarmer en blindings voor die vensters.

Volg hierdie skakel vir 'n virtuele toer deur die kamers 

Ander fasiliteite

Klawerhof beskik oor twee waskamers wat elk twee was- en droogmasjiene het. Die waskamer is 24/7 beskikbaar vir enige Klawerhof inwoner om te gebruik – verniet! Klawerhof se kuiertuin is een van die groot aantreklikhede vir die inwoners.

Dit is is plek van ontspanning na ‘n harde dag van klas agter die rug. Hier geniet ons ‘n koppie koffie saam vriendinne en toekomstige kêrels.