Ons visie

Minjonet se visie is om ʼn waardegedrewe koshuis te wees wat daagliks strewe om gerig na bo te lewe met God as kernpunt. "Dames met hartstyl" reflekteer die wyse waarop sy haar karakter uitleef.

Ons Missie

In die lig van die bostaande visie is dit die missie van die koshuis:

  • Om elke individu se strewes tot volle reg ta laat kom.
  • Om interaksie tussen koshuisinwoners te bevorder en toe te sien dat inwoners mekaar met respek en lojaliteit behandel.
  • Om elke Minjonet dame haar volle akademiese potensiaal te laat bereik.
  • Om na die maksimum akademiese ontwikkeling van elke inwoner om te sien.

Minjonet Dameskoshuis staan vir:

  • Christenskap
  • Integriteit
  • Individualiteit binne groter eenheid
  • Selfvertroue
  • Respek
  • Regverdigheid
  • Verwesenliking van volle potensiaal
  • Omgee
  • Lojaliteit


Minjonet verwys na haar dames as “Dames met Styl”. Hierdie kort verwysing bevat baie meer as net 3 woorde en definieer die ware Minjonet dame in vele opsigte. Die stelling verwys na die feit dat ons nie net versorgde en netjiese dames is nie, maar veral dat ons dames met HART- styl is.

Dit beteken die volgende:

  • Elke dame in die koshuis respekteer haar mede koshuis-sussie, neem hulle in ag en lewer ʼn positiewe bydrae in hulle lewens.
  • In ʼn Minjonet dame se lewe is daar nie plek vir selfsug of hoogmoed nie.
  • Sy dien ander en gun ander positiewe dinge. ʼn Minjonet dame is eerlik en opreg.
  • Sy skinder nie en is ook nie agteraf nie, maar hanteer konflik op ʼn volwasse en positiewe manier. Positiwiteit, vriendelikheid, hulpvaardigheid, beleefdheid en goeie maniere is kern beginsels in ʼn Minjonet dame se lewe en dit word ten alle tye uitgeleef.
  • Die dames van Minjonet is betrokke in die koshuis en sowel as die samelewing.
  • Hulle dien die koshuis en het ʼn passie om die koshuis tot hoër hoogtes te neem. Alles wat ʼn Minjonet dame aanpak, pak sy bogemiddeld aan met afronding. ʼn Minjonet dame koester ʼn trots vir Minjonet en dra haar koshuis-drag met eer en trots. Minjonet se naam word nie in die skande gesteek nie maar word opgebou. ʼn Minjonet dame leef die leuse: “Gerig na Bo” ten alle tye uit en het ʼn verhouding met Christus, haar skepper.
  • 'n Minjonet dame weerspieël nie net innerlike skoonheid nie maar ook uiterlike skoonheid en vroulikheid. Die uiterlike skoonheid kom daarop neer dat sy weet God het haar ʼn pragtige dogter van Hom gemaak en daarom versorg sy haarself en loop met ʼn glimlag op haar gesig rond.

ʼn Minjonet dame leef al die bogenoemde punte uit, nie omdat reëls dit verwag van haar nie, maar omdat sy ʼn Minjonet dame is, anders is as die res en bogemiddeld is want ons is dames met (hart)styl.