Dit is nou u beurt om u merk in Oosterhof te maak!

As die son in die ooste opkom, verlig dit Oosterhof-dameskoshuis – die mooi, pas opgeknapte koshuis waar 131 dames ʼn tuiste gevind het. ʼn Oosterhof-dame het selfvertroue. Ons staan nie terug vir enige uitdagings nie; ons vertrou op God en maak staat op mekaar vir krag en motivering. Ons beskou elke dag as ʼn geleentheid om ʼn positiewe impak op die wêreld te hê. In Oosterhof maak elke individu saak. Alleen is ons uniek; saam is ons ʼn meesterstuk. Oosterhof het ʼn liefde wat nie gebreek kan word nie, eer en trots wat nie geskud kan word nie en onwankelbare ondersteuning wat ons almal saambind. Oosterhof, jou naam dra ons altyd saam met ons.

Visie

Oosterhof is ʼn hoëgehaltekoshuis met ʼn Christelike grondslag, wat die NWU en alle Oosterhof-inwoners dien.

Missie

  • Om by te dra tot die handhawing en bevordering van die karakter van die Universiteit.
  • Om ʼn gesonde sosiale, godsdienstige en akademiese atmosfeer in die koshuis te skep vir elke inwoner en om sodoende aan elkeen die geleentheid te gee om haar waardes uit te leef.
  • Oosterhof-inwoners moet die geleentheid kry om voluit te leef, in ʼn aangename en huislike atmosfeer.
  • Koshuisbestuur streef na maksimum akademiese prestasie vir elke inwoner binne ʼn ondersteunende omgewing.