BOODSKAP AAN VOORNEMENDE “PATRIANE”

Namens die Noordwes-Universiteit is dit vir ons as huisouers van Patria ʼn groot plesier om julle by die huis op kampus te verwelkom. Julle begin nou met jul akademiese reis wat jul loopbane in die komende jare gaan definieer.

Saam met Patria se Huiskomitee gaan ons julle amptelik verwelkom en julle inspireer om jul gekose loopbane met selfvertroue aan te pak.

Jul deel word van Patria gaan met baie verwagtinge gepaard – van julle, jul ouers, ons as huisouers en julle dosente. Ons almal het één ding in gemeen: ons wil hê dat julle moet sukses behaal en deel word van die Patria-broederskap. In die komende jare gaan julle almal lewenslange vriendskappe smee en begin om maniere te verken om jul dae en aande en die minder tasbare deel van jul universiteitsopleiding – die studente-ervaring – vol te maak.

Julle is ʼn unieke en talentvolle mengsel van studente wat uit elke uithoek van die land by ons gaan aansluit. Ons is baie opgewonde om julle te kan verwelkom as nuwe broers van hierdie wonderlike familie genaamd Patria.

Ons floreer op ons broederskap en stel ʼn voorbeeld met basiese ouderwetse maniere. Ons is trots op ons uitnemende waardes van broederskap, respek en eiewaarde gegrond op integriteit, ons handelsmerk wat ons van enige ander koshuis op kampus onderskei.

Ons vier die diversiteit van ons studente, maar erken dat elke individu uniek is en dat mense van mekaar verskil. Ons is verenig teen diskriminasie van enige soort.

Die Patria-gemeenskap bestaan uit ons as huisouers, die inwonende beampte, ewekniehelper, die huiskomitee en inwoners – almal wat daartoe verbind is om te verseker dat julle deel word van ons familie, dat julle gemaklik en veilig is en julle doelwitte kan behaal.

Patria is een van die mees prestigeryke koshuise wat hierdie Universiteit ooit gehad het. Sy ryke geskiedenis kan teruggevoer word tot die vroeë 1980’s. Heelparty bekende persoonlikhede het al deur Patria se gange beweeg en hul stempel hier afgedruk. Ek glo dat julle ook op ʼn missie is en dat julle definitief ook julle merk sal maak.

Ons vertrou dat julle jul verblyf hier sal geniet en dat dit ʼn lewensveranderende ervaring sal wees, iets wat julle vir die res van jul lewens sal bybly. Aan die ouers: u seun word nou ons seun, en dit is ons voorreg om hom op sy pad na sukses te vergesel.

 

Patria-groete

 

Roelien Roos Warren Brauns
Werk: 018 299 4972 Werk: 018 299 1202
Huis: 018 299 1200 Epos: 28233786@nwu.ac.za
Epos: Rolien.Roos@nwu.ac.za