Soetdorings is gerieflike akkommodasie wat stapafstand is van die Fanie du Toit-sportterein, HPI-gimnasium en NWU-Potchefstroomkampus.

Daar is 4-, 3- en 2-slaapkamer woonstelle wat elk sy eie kombuis en badkamer het.

Soetdorings skakel die afgelope 5 jaar in by die normale koshuislewe van die NWU-Potchefstroomkampus, dus ervaar hulle ook die totale studentelewe.

Die kriteria wat bepaal of ‘n speler kwalifiseer vir toelating tot Soetdorings word bepaal deur:

  • Akademiese prestasies
  • Rugbyprestasie
  • Koshuisdeelname, bv. Jool en Kultuur