Oryx is nie net 'n dag koshuis vir mans nie. Dit is 'n lewenstyl, broederskap en tradisie. As die huiskomitee van Oryx moet ons die eerstejaars en die res van Oryx lei om die broederskap uit te leef. Die koshuis is buite die Vanderbijlparkkampus geleë. Die Oryx-manskoshuis bied studente dieselfde ervarings en geleenthede aan as wat jy by 'n fisiese koshuis sou vind, maar jy woon in die gemak van jou eie huis. Die Oryx-logo is 'n gemsbok. Die eienskappe van 'n gemsbok is dieselfde eienskappe waarna ons streef en wat ons toepas, soos broederskap, respek, lojaliteit, vertroue, eerlikheid, omgee en krag. By Oryx het jy vriende weg van vriende, 'n familie weg van jou eie familie en 'n werklike ondersteunende en omgee-struktuur agter jou.

Visie en Missie:

Die manne van Oryx streef daarna om 'n unieke unie te wees, wat beide groep- en individuele doelwitte behaal.

Ons streef daarna om die platform vir persoonlike groei aan te bied en om elke individu te help om gereed te wees vir die "wêreld daar buite" wanneer hulle hul studies voltooi.

Ons missie geld vir elke student in Oryx om 'n balans te bewerkstellig, 'n opwindende, maar verantwoordelike studentelewe, insluitende akademiese, sport- en sosiale aktiwiteite.

Ondersteuning aan studente:

  • akademiese ondersteuning;
  • deelname aan alle sportsoorte soos sokker, hokkie, basketbal en liggaamsbou;
  • kulturele aktiwiteite - dans, groot debat en koor;
  • aktiewe studentelewe (sosiale aktiwiteite) - senior braai, kaalvoetdag en uitreikings aan die plaaslike gemeenskap.

Koshuisouer:

Dr. Sean McCallaghan
Werk: 016 910 3229

Gelukbringer:

  • Oupa Koos is Oryx se Gelukbringer;
  • Omdat ons gemsbokke is, eet ons gras;
  • Hierdie gras gee ons ons krag, leiding, motivering en uithouvermoë om te verseker dat ons altyd twee stappe voor ons kompetisie is - die ander kampuskoshuise natuurlik;
  • Hy is 'n simbool van ons eenheid as 'n multi-gekultiveerde kampus koshuis;
  • Oupa Koos is Oryx se "Trots en Vreugde".

Oryx Lied - Ons worry nie!

Waar is ons?

Wonder jy waar is ons geleë? Aanwysings