Doen aansoek vir koshuis op Vanderbijlparkkampus
Alle studente - voornemende en huidige studente moet jaarliks aansoek doen by die Koshuisadministrasiekantoor, Gebou F13, Kamer nr. G01 en G04.
Voornemende studente moet deur die Departement Akademiese Administrasie in kennis gestel word dat hulle aanvaar word en 'n studentenommer (d.i. 12815691) moet uitgereik word.
Indien u tans in 'n koshuis woon, is daar GEEN aansoekfooi om te betaal nie.
Sluitingsdatums vir aansoeke
Aansoeke vir 2026
- Eerstejaarstudente - 31 Augustus 2025
- Senior en nagraadse studente - 1 September 2025
Senior- en nagraadse koshuisaansoekers en kansellasie van aansoeke
- Voltooi asseblief hierdie vorm as jy jou koshuisplasing vir volgende jaar wil kanselleer.
- Senior- en Nagraadse-studente: 30 November 2025 (nie 31 Desember soos vermeld in Fooie Betaalbaar-boekie nie)
Aansoekreëls en -regulasies vir koshuise
Hoe om aansoek te doen vir studente akkommodasie
- Lees asseblief die reëls en regulasies.
- Koshuistoelating, afhangende van die beskikbaarheid van ruimte, is slegs moontlik met suksesvolle akademiese aanvaarding soos uiteengesit in die plasingsprosedure.
- Suksesvolle aansoekers sal in kennis gestel word en laat aansoeke sal op 'n waglys geplaas word.
- Studente moet jaarliks aansoek doen vir koshuisverblyf.
Rig navrae oor koshuisverblyf en -aansoeke aan:
- Karin Venter
- 016 910 3150
- VC-Residence@nwu.ac.za