Excelsior | Studies | NWU | Noordwes-Universiteit

 

Op 18 Februarie 1953 het Dawie du Plessis-huis geopen as die eerste mans koshuis op Wes-kampus. Aanvanklik het die koshuis, vernoem na 'n skenker wat £ 2 000 geborg het, 75 studente gehuisves. In 1958 is die koshuis uitgebrei om behuising vir nog 75 studente aan te bied. Die oorspronklike deel van die koshuis het as Makouvlei bekend geword. Die nuwe akkommodasie wat bygevoeg is, is Liberalia genaamd. In 1994 het hierdie koshuis bymekaargekom om Excelsior, die “House of Knights”, te vorm.

In 2010 is Excelsior weer uitgebrei om nog 85 studente te huisves. Die nuwe vleuel het as Dawie du Plessis bekend geword. Tans is Excelsior verdeel in 6 sale: Loners Dekker, Griffons, Harlequins, Barbarians, Legionnaires en Knights. Op die boonste deel van al die deure in die koshuis word 'n bord geplaas met die volgende opskrif: "Heer het geen reëls nodig nie". Hierdie aanhaling, saam met Spreuke 27:17 – "As iron sharpens iron, so one man sharpens another ", definieer ons optrede en gedrag.
 

Visie

Uitnemendheid

Missie

  • Uitnemendheid
  • Ridders
  • Eenheid
  • Trots
  • Respek
  • Broederskap
  • Dissipline
  • Geballanseerde studente
  • Akedemiese uitnemendheid
  • Strewe na die hoogste op alle terreine
  • Om waardegedrewe Christene te vorm met ambisie en oorweging van diversiteit en geloof

Waardes

  • As deel van Excelsior Manskoshuis plaas ons veral die regulasies van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus bo alles.
  • Hierdie regulasies sluit die norme en waardes van die Universiteit in, asook die verwagtinge wat die Universiteit ten opsigte van Excelsior's Manskoshuis het.
  • Ordentlikheid teenoor ons medestudente en respek vir verskillende menings, agtergronde en rasse is waarvoor ons bekend is.
  • As deel van Excelsior leef ons die naam en waardes van ons koshuis uit. Viribus Excelsior - Streef na die Hoogste.

 

Die Huis van die Ridders verwelkom jou.