Kamers

Groot dubbelkamers en lekker enkelkamers. Ons kan spog met van die grootste kamers op die Puk. Dit is baie goed toegeruste kamers. Jy jou eie yskas, ketel mikrogolf saambring vir jou kamer.

Die kamers het ingeboude kaste en lekker ruimte. Elke kamer het kragpunte en internetpunte. So as jy jou eie skootrekenaar of rekenaar bring kan jy van jou kamer af op die internet gaan.

DSTV in die klubhuis en ontspanningsaal

Hierso kyk ons lekker saam rugby en sport. Dit is `n plek waar die Bulle saam “bond”. Ons het groot platskerm televisies.

Elke gang het sy eie TV-kamer toegerus met banke

Hierdie is waar ons lekker kuier in die gange. Gangvergaderings word hierso gehou en dit word ook gebruik om lekker saam speletjies te speel en word gebruik as mens gaste onthaal sodat hulle nie die ander Bulle op die gange pla nie. Elke gangkamer het ook sy eie versierings met foto`s van die vorige Bulle wat in die gang was.

Wasmasjiene en tuimeldroërs

Ons is toegrus met 4 wasmasjiene en 2 tuimeldroërs. Ons het ook `n dame wat vir die studente hul klere was en kamers skoonmaak teen `n vasgestelde prys.

Fietsloods

Ons het `n netjiese onderdak fietsloods waar jy jou fiets met `n slot kan vassluit. Dit is in ons binnehof so jou fiets is baie veilige hierso. Die meeste van die studente gebruik fiets om op die kampus rond te ry.

Pooltafel en tafeltennistafel

Hierdie is `n lekker ontspanning vir die Bulle veral in die eksamentyd. Hulle kan enige tyd van hierdie fasiliteite gebruik maak.

Braai-area toegerus met houtbanke vir sitplek en `n mooi binnehof

Ons het `n baie groot braaiarea met vasgeboude sementbraaiers asook drombraaiers. In Hombré hou ons van braai. Dit is `n lekker sosiale aktiwteit waaraan almal kan deelneem. Die braaiers kan enige tyd gebruik word solank ander mense net nie gesteur word nie, veral in eksamentyd. Ons het ook houtbankies wat dit `n lekker kuierplek maak.

Klubhuis (Hombré Dam)

Die klubhuis is waar ons al ons sosiale aksies hou. Hierso word gedans en gesing. Daar is ook `n hele paar tradsies in die klubhuis wat dit regtig `n lekker plek maak. Hierso kan jy jouself net geniet en vriendinne maak met die dameskoshuise.

Rekenaarkamer met Biblioteek en ou vraestelbanke

Ons het `n rekenaarlokaal wat 24 uur per dag internet het. Jy kan hierso jou akademiese verpligtinge uitvoer.

Ontspanningsaal met `n mooi argief

Ons het `n baie lekker groot en mooi ontspanningsaal. Die ontspanningsaal is ook ons argief waar al die geskiedenis van die koshuis bewaar word.

Goed toegeruste badkamers

Die badkamers is baaie luuks. In die badkamers is daar storte, baddens, toilette, krippe en wasbakke met spieëls.

Luukse kombuise

Die kombuise is ook netjies en toegerus met marmerblaaie. Daar is ook stofies en mikrogolwe waar jy lekker kan kosmaak. Daar is ook gefiltreerde water met kokende water vir koffie en koue water vir drinkwater.

Netjies opwasplekke

Die opwasplekke is netjies toegerus met dubbelwasbakke en droograkke.