By Kasteel hier in die adelstand hoef jy nie iets te wees om iemand te wees nie. Ons bemagtig jou deur jou eiewaarde te laat besef. Hier word jy as ‘n dame beskou en inderdaad as sodanig hanteer. Hier gaan jy bande smee wat jou lewenslank gaan dra- herinneringe opbou wat jy op jou oudag nog gaan koester, studentepret op sy beste beleef en les bes, meer as net jou eerste graat met groot sukses verwerf. Kasteel koester unieke persoonlikhede en ondersteun jou in die uitleef van jou drome. Die adelstand leer jou meer as net goeie tydsbestuur in die najaag van jou lewensdoelwitte. Ons leer jou ook, respek vir en verdraagsaamheid teenoor jou medemens.

Hier gaan jy vinnig besef dat jy meer as net ‘n badkamer en ‘n kombuis deel hier deel ons mekaar se vrese, onsekerhede, sukses en drome! Saam bou ons nie net aan ‘n soliede toekoms vir ons, maar ook aan ‘n beter toekoms vir elke dame wat tussen ons vier toring haar tuiste vind. “You can do what I cannot do. I can do what you cannot do. Together we can do great things” – Mother Teresa. Kasteel Dameskoshuis: My huis, my hart, my land.

Missie

  • Lewering van ‘n daadwerklike bydrae tot die bewaring, aktualisering en uitbou¬ing van die karakter van die Universiteit.
  • Skepping van ‘n gesonde godsdienstige-, akademiese, sosiale- en multikul¬turele, atmosfeer in die koshuis vir elke inwoner.
  • Praktiese uitlewing van waardes soos: eerbaarheid, gasvryheid, beleefdheid, betroubaarheid, wedersydse respek teenoor mede-inwoners, koshuisbestuur, inwoningsbeampte, dienswerkers, Huisvader en Universiteitsowerhede.

Visie

  • Om elke Kasteeldame gemaklik en gelukkig in Kasteel te hou.
  • Eerstejaars te alle tye menswaardig te hanteer sodat hulle met respek en nie vrees na seniors sal opsien.
  • ‘n “Kasteelkultuur” te vestig en uit te dra in harmonie met die PUK-kultuur met sy multikulturele studentesamestelling.
  • Om ‘n ontspanne en gemaklike beeld na buite uit te straal.