Nkosinathi Tom

Voorwoord

Dit is vir ons 'n voorreg om jou te verwelkom by Kasteel Dameskoshuis: 'n plek waar elke inwoner se individualiteit vir ons waardevol is. Hierdie is 'n tuiste waar veiligheid, studie, en aktiewe deelname aan studenteaktiwiteite aangemoedig word om dinamiese, moedige en sterk toekomstige leiers te ontwikkel. Kasteel is 'n tuiste weg van die huis af waar 'n etiek van sorg in die bande tussen susters gekweek word. Die dames in ons koshuis kom uit uiteenlopende gemeenskappe; Kasteel en die Noordwes-Universiteit erken alle kulture. Wanneer jy deel word van ons familie word jy 'n koninklike, en sal jy soos 'n prinses behandel word. Jou welstand, integriteit en selfbeeld is vir die koshuisbestuur van reusebelang, en ons bied optimale ondersteuning wanneer dit benodig word. Ons glo sterk in uitnemendheid, wedersydse respek, eerlikheid, integriteit en openlikheid.

 

 

Mr Nkosinathi Tom Ms  Daphney Modisane
:Werk:018 285 3002 Werk: 018 299 1151
Huis: 018 299 1146  
E-pos: Nkosinathi.tom@nwu.ac.za E-pos: 23605170@nwu.ac.za