LaVaria bied nie akkommodasie nie, maar wel die geleentheid vir dames wat privaat woon om steeds die NWU se unieke studentelewe in koshuisverband te ervaar.

LaVaria-damesdorpskoshuis is die enigste pienk koshuis op kampus. Ons is trots op ons LaVaria-dames wat ons leuse, Eenheid in Verskeidenheid, uitstraal. By LaVaria sorg ons vir die verryking van elke dame se universiteits- en studentelewe, aangespoor deur ʼn groot groep pienk sussies.

Met trots en tradisie agter haar skroom LaVaria al sedert 2006 nie om te kompeteer nie. Die koshuis se prioriteit is dat elke LaVaria dame volkome haarself kan wees. As een van die jongste koshuise kan Lavaria werklik spog met die vordering en groei van die koshuis en wys ons herhaaldelik dat ons vir niemand terugstaan nie.

In ons koshuis word alle geleenthede gebied wat aan inwoners van kampuskoshuise gebied word. Ons neem deel aan alles en maak altyd die meeste van elke geleentheid.

Met ons oë ten alle tye gerig na Bo en geklee in pienk kan elke LaVaria-dame haar studentelewe met selfvertroue en lewenslus aanpak. Swart en pienk.