Voorgraadse beurse

NSFAS Befondsing

Die NSFAS befondsing bied finansiële ondersteuning aan alle studente met akademiese potensiaal, maar wat finansieel behoeftig is. Sien hoe (en teen wanneer) om aansoek te doen.

Funza Lushaka Onderwysbeurs

Funza Lushaka Onderwysbeurs

Akademiese Merietebeurs

  • Voltydse eerstejaars-, tweedejaars- of derdejaarsstudente wat aan die vereistes voldoen sal die beurs outomaties ontvang. Geen aansoekvorm is nodig nie.
  • Geregistreerde, deeltydse kontakstudente moet vir die beurs aansoek doen. 

Familie afslag

Hierdie beurs word toegeken aan studente wat aansoek doen, en die tweede of derde ens. student van dieselfde familie is wat by die NWU geregistreer is. Daar moet jaarliks weer aansoek gedoen word voor die sperdatum om te kwalifiseer:

  •  Tweede student : 15% afslag op klasgelde
  •  Derde student : 20% afslag op klasgelde
  •  Vierde student : 25% afslag op klasgelde

Leierskapsbeurse

  • Net van toepassing op Graad 12-hoofleier (hoofseun of -meisie) van 'n skool.
  • Die student moet reeds toelating by die NWU verkry het om aansoek te doen vir hierdie beurs.
  • Hierdie is 'n eenmalige beurs en word net in die student se eerstejaar toegeken.

Ondersteuningsbeurse

  • Die student moet reeds Universiteitstoelating hê om vir die beurs te kan aansoek doen.
  • Studente wat wees is of in pleegsorg geplaas is, kan aansoek doen met die nodige bewyse. 
  • Fisies gestremde studente kan aansoek doen met die nodige bewyse.

Kuns- en Kultuur beurse

  • Kuns en Kultuur beurse is net vir een  jaar geldig
  • Daar word van alle beurshouers verwag om soveel as moontlik by die NWU se kuns en kultuur aktiwiteite betrokke te wees.
  • Slegs individuele prestasies word in ag geneem.
  • Prestasies ten opsigte van olimpiades en uitstallings maak nie deel uit van hierdie beurse nie.

Sportbeurse

Ronel Emms (Rugby Instituut)       
(018) 299 2429
 
Corene Middleton (ander sport)
(018) 299 2905
 
Sluitingsdatum vir alle sportbeursaansoeke is jaarliks 15 Oktober

 

Klik hier vir Kitsinligting 2024: 'n Samevatting van alle voorgraadse beurse beskikbaar.

Aansoekvorms

Beursnavrae

Mahikeng:              MC-UnderGradBurs@nwu.ac.za
Potchefstroom:       PC-Studyfees@nwu.ac.za
Vanderbijlpark:       VC-UnderGradBurs@nwu.ac.za
 

Klik hier vir meer inligting