Die opwindendste deel van jou lewe lê voor, maar onthou dat jy dit self moet beleef en vir jouself lekker maak. Dis nou die tyd om, wat jou ma, pa, sussie, boetie van hulle universiteitsdae gesê het, vir jouself te ervaar – so sien blinkoog daarna uit, dis beter as wat hulle ooit kon beskryf. Karlien-dameskoshuis is 'n unieke koshuis op kampus wat met waardes, balans en groei jou verder in die wereld kan inlaat. In Karlien ontmoet jy jou lewensvriendinne, ontdek jy jou potensiaal en groei jy in jou geloof. Op die kampus staan 'n huis, net die beste dames mag daar woon, want Karlien is nie 'n naam, dis 'n spangees wat sewe vloere hoog staan. Soos die jare kom en gaan sal die herinneringe steeds bly staan.

Geskiedenis

Karlien bestaan al vanaf 1968 en na 47 jaar is die koshuis nog net so energiek en trots soos altyd. Ons embleem is ‘n donkie genaamd Willempie, wat ‘n unieke embleem vir ons is, aangesien Jesus Christus duisende jare terug op ‘n donkie gery het. Willempie verteenwoordig dus vir ons nederigheid en ‘n waardegedrewe lewensreis. Karlien dameskoshuis maak altyd ‘n indruk waar ons gaan in ons rooi massa. Ons is die grootste dameskoshuis op kampus wat daarna streef om ons studentelewe in elke aspek voluit te benut.

Visie

‘n NWU Potchefstroomkampus dameskoshuis van steeds hoër gehalte waar Karlienwaardes en tradisies deur alle inwoners onderskryf en uitgeleef word.

Missie

Ons sal ons visie nastreef deur 'n doelgerigte, sigbare en betrokke eenheid te wees wat deur onselfsugtige diensbaarheid voortbou op ons gesonde gees en beeld en deur samewerking en lojaliteit altyd Karlien se naam hoog hou.