"Yster slyp yster, vriende vorm mekaar" Spreuke 27:17

 

Wees naby genoeg en hard genoeg om jou vriend te kan slyp. Wees naby genoeg en sag genoeg om self geslyp te kan word. Daar is min dinge in die lewe wat dieselfde bly. Alles is aan die verander. Dit kan positief of negatief ervaar word, maar dit kan jou ook in 'n positiewe of negatiewe rigting laat groei of beweeg. Die positiewe woord is om te VORM, of gevorm te word. En daarin het vriende 'n verantwoordelikheid teenoor mekaar. Ons behoort soos yster te wees:

  • Vriende moet naby genoeg aan mekaar leef, omgee, betrokke wees, openheid hê, sodat hulle mekaar wel kan beïnvloed.
  • Vriende moet soms hard soos yster wees om werklik die ander een te kan slyp. Waar foute gemaak word moet 'n goeie vriend hard soos yster wees om die verkeerde vorm weg te slyp.
  • Vriende moet ook soms 'n sagtheid hê, 'n bereidwilligheid om geslyp te word. Wie koppig die goeie invloed van vriende teenstaan is dwaas.
  • In Over de Voor is ons broers, opregte vriende wat naby aan mekaar beweeg, sodat ons mekaar kan slyp en self geslyp kan word.
  • VENI, VIDI, IVI

 

Koshuisouer Koshuisbeampte
Pieter Conradie Janice Möller
Werk: 018 285 4564 Werk: 018 299 1176
Huis: 018 299 1174 Epos: Janice.Moller@nwu.ac.za
Epos: pieter.conradie@nwu.ac.za