Nagraadse Studente: Belangrike registrasie-inligting

Meester- en PhD-student se aanlyn registrasie-sperdatum is 31 Maart (behalwe vir die af- en deregistrasieperiode (kurrikulumveranderings tot 28 Februarie, wat alle registrasieprosesse sal sluit)

Om jou registrasie te voltooi, benodig ons jou finale en hoogste relevante kwalifikasie-uitslae (bv. Honneurs, Nagraadse Diplomas, Meesters of PhD's). Hierdie resultate is noodsaaklik vir die evaluering van jou aansoek en die uitreiking van 'n finale aanbod.

Om 'n kliëntgesentreerde benadering te beklemtoon, sal handregistrasie namens studente nie meer gedoen word nie, behalwe in gevalle waar tegniese probleme opduik.

Die registrasieproses is nie voltooi voordat jy toegang tot jou Bewys van Registrasie-dokument op die studenteportaal het nie.

Maak asseblief seker dat jy jou registrasie betyds voltooi om enige vertragings in toegang tot eFundi-werwe en ander hulpbronne te vermy.