Die arend vlieg alleen!

Gedurende die lewensfase van studentwees is daar vele uitdagings, geleenthede en mense wat jou pad kruis. Die en geesdrif waarmee ons hierdie uitdaging aandurf, die geleenthede wat ons optimaal...nastreef en kenisse wat ons in vriendskap en bowenal broederskap omskep, is kenmerkend van Veritas Manskoshuis. Sentimentele waarde word uiteraard geheg aan ons almamater, alhoewel almal ‘n huis het waarheen hulle gaan na afloop van ‘n dag. Veritas is wel nie net ‘n huis vir sy inwoners nie, maar ‘n tuiste. Sodra jou persepsies omskep word in ‘n perspektief, besef jy dat jy die wêreld vanuit arendsoë aanskou. ‘n Dieperliggende konnotasie buiten “goeie tye” behoort geheg te word aan die belewenisse wat Veritas jou gedurende hierdie lewensfase gebied het: Mense het jou verryk, oomblikke jou oorweldig. In Veritas Manskoshuis sal die beste uit jou gebring word, en jy sal leer om so hard te speel as wat jy werk, of dit nou op die verhoog of op die veld of agter die boeke is. In Veritas Manskoshuis sal jy dinge oor jouself leer wat jou ewig meer gereed sal maak vir die wêreld wat daar buite wag. Maar bowenal sal jy in Veritas Manskoshuis vriende maak wat ‘n ewigheid sal hou, vriende saam met wie jy deur dik en dun sal gaan.

 
Visie:
Manne in Waarheid
 
Missie:
Om deur geloof manne met trots, passie en aansteeklike gees te kweek en voor te berei vir die toekoms. Ons streef daarna om leiers te kweek, nie net op hierdie kampus nie maar ook in die wêreld daar buite.