Baie hartlik welkom by Wanda Dameskoshuis. Hier by Wanda bou ons familie bande deur wedersydse vertroue en respek teenoor ons mede-inwoners. Ons herken en gee erkenning aan die uniekheid van die individualiteit vanander en hierdie kweek ‘n omgee kultuur wat bydra tot ons multi-kulturele en diverse koshuis atmosfeer. Hierdie is ‘n karaktereienskap wat ons van ander koshuise onderskei. Wanda is ‘n koshuis waar die inwoners van hoogste belang vir die koshuisbestuur is. Jou belange lê ons na aan die hart!.

Soos in enige huis en in enige familie, is kommunikasie van uiterse belang. Vir hierdie rede nooi ek jou uit om enige tyd navrae by my, die Primaria of enige ander huiskomitee-lid te doen. Maak nie saak hoe klein of hoe groot die probleem is wat jy ervaar nie.

Om seker te maak dat jy deel word van die koshuis, is dit baie belangrik dat jy tyd maak om nie net jou mede-eerstejaar inwoners se name te leer ken nie, maar ook die van die senior studente in die koshuis. Maak dit ‘n gewoonte om die deel van die koshuis aktiwiteite te word en ook die verskeie aktiwiteite te ondersteun. Hierdie sal verseker dat jy deel word van die koshuis sowel as die Noordwes-Universiteit van Potchefstroom se studentelewe. Wanda is nie net jou koshuis nie, maar jou huis vir die duur van jou studies. Saam sal ons strewe na die waardes van Wanda sowel as die van die Noordwes-Universiteit. Jou primêre doel by hierdie Universiteit is om ‘n sukses van jou akademiese loopbaan te maak en laastens jou graad te verwerf. Hoe ook al, jou holistiese ontwikkeling is van die hoogste belang vir ons en vir hierdie rede sal jy aangemoedig word om jouself te betrek op een of ander manier in alle fasette van die universiteitslewe. 

 

 
Prof Johan Botha Ms Lungile Ngcobo (koshuisbeampte) 
Werk: 018 285 2265 Werk: 018 299 1145
Huis: 018 299 1140  
Epos: Johan.Botha@nwu.ac.za Epos: 52528022@nwu.ac.za