Moahi Village is die nuutste koshuis 1.2 kilometer van die NWU Vanderbijlparkkampus geleë. Dit is die tuiste van 288 studente en maak voorsiening vir vroulike en manlike studente.
Kamers:
Elke eenheid bestaan uit drie dubbelkamers wat ten volle gemeubileer is.
Ander fasiliteite:
- Badkamers: Gemeenskaplike badkamer en bykomende toiletgeriewe
- Kombuise: Gemeenskaplike kombuis toegerus met stoof, mikrogolf en yskas
- Gemeenskaplike waskamer
- Gemeenskaplike TV-kamer
- WiFi
- Busvervoer tussen universiteit en koshuis
Koshuisouer:
Ms Tumi Ledwaba
Epos: Tumi.Ledwaba@nwu.ac.za
Werk: 016 910 3650
Benodig jy meer inligting?
Kontak asseblief Mev Karin Venter (016 910 3308) vir verdere inligting.
Waar is ons?
Ons is baie naby aan die kampus geleë. Aanwysings