Bellatrix bied nie akkommodasie nie, maar wel die geleentheid vir dames wat privaat woon om steeds die NWU se unieke studentelewe in koshuisverband te ervaar.

“Sisters are like stars, you can't always see them, but you know they're always there”. By Bellatrix, strewe ons daarna om ‘DIÉ’ dames op kampus te wees, waar ons ʼn sterk sustersband het. Elke Trixie word die spasie gegee om haar uniekheid uit te leef en haar mede-trixie te bemagtig om hulle volle potensiaal te bereik. Bellatrix bied dieselfde geleenthede as ʼn opkampuskoshuis terwyl jy privaat bly. Ons is ʼn hegte familie, en baie trots op ons daghuis. Bellatrix is die grootste daghuis (afkampuskoshuis) op die NWU Potchefstroomkampus. Ons het gegroei tot oor die 800 dames wat elke dag strewe om beter te wees as gister. Ons strewe daarna om vandag se geleenthede in môre se betekenisvolle geskiedenis te omskep. Sodoende moedig ons ons dames aan om hulle unieke talente te gebruik om by die NWU te floreer. Ons is aktief betrokke in studentelewe en is baie kompeterend wanneer dit by akademie, sport, en kuns en kultuur kom. Ons vier ons oorwinnings deur ʼn gebalanseerde sosiale kalender te hê, wat inisiatiewe insluit om terug in die gemeenskap te ploeg. Ons los verseker ʼn stukkie van ons harte, saam met ʼn bietjie blou glinster, orals waar ons gaan.

 

Daghuis-visie

Ons droom is dat Bellatrix Dié Damesdaghuis van keuse op die NWU Potchefstroomkampus sal wees waar ons ons dames se unieke bydrae, talente en vaardighede vier.

Daghuis-missie

  • Om ʼn veilige omgewing te skep waar elke dame haarself kan wees en haarself ten volle kan uitbeeld.
  • Ons waardes aktief implementeer: Integriteit, respek, inklusiwiteit, nederigheid, nut, om diensbaar te wees en ook vriendelikheid. Bellatrix Damesdaghuis implementeer die NWU waardes ten volle.
  • Inspireer alle dames om hulle eie unieke pad en drome te vind. Ons dames aan verskeie geleenthede, hulpbronne en inisiatiewe bloot te stel wat hulle sal help met persoonlike groei en selfontdekking.

 

 

Facebook instagram