Meer omtrent ons kantoor

Ons kantoor is naby aan die Absa-tellermasjiene, regoor die Pukki-winkel op kampus.

Kantoorure: Maandag – Donderdag 9:00 - 10:00 en 14:00 - 15:00 (sien gerus WhatsApp kommunikasie).

Kantoornommer: 018 299 2841

E-Pos: bellatrix@nwudorpskoshuise.com

Ons maak gebruik van WhatsApp-jaargroepe en ons sosiale media blaaie om inligting uit te stuur om jou op hoogte te hou van koshuisgebeure. Ons kantoor is ʼn warm en verwelkomende plek waar enige Trixie kan kom ontspan tydens kantoorure.

Meer omtrent ons klubhuis

Ons klubhuis is op die Onderwyskampus by Gebou C5B.

Die klubhuis is herbou en vergroot in 2013. Ons klubhuis het ʼn muurskildery op die buitenste muur – ʼn naghemel vol sterre en die silhoeët van ʼn meisie wat elke Bellatrix-dame verteenwoordig.

Die klubhuis word gebruik vir sosiale gebeurtenisse, praktyke, repetisies, vergaderings en nog veel meer.