Fasiliteite:

  • Caput Manskoshuis het vier gange (Bosveld bure, Republiek van Karools, Tornado’s en Gramadulas).
  • Hierdie gange het elk enkel- en dubbelkamers, twee badkamers, 'n kombuis en 'n TV-kamer.
  • Die koshuis het verder 'n klubhuis, 'n binnehof waar daar gebraai word, 'n waskamer en twee fietsloodse.
  • Die binnehof van die koshuis huisves vier braaiers (een vir elke gang) en die manne braai gereeld.
  • Die jaarlikse potjiekoskompetisie speel ook hier af waar die verskillende gange om die gesogte potjiekostoernooitrofee teen mekaar meeding.