Kamers

Eikenhof Dameskoshuis bestaan uit slegs 132 enkelkamers. Elke enkelkamer kom standaard met 'n bed, lessenaar, stoel, boekrak en een ruim venster. Ons is die enigste dameskoshuis met slegs enkelkamers en houtvloere in elke kamer sowel as 'n wasbak met 'n badkamerkassie.

 

Ander fasiliteite 

  • Die koshuis het 2 groot binnehowwe waar daar braai en ontspannings fasiliteite beskikbaar is. Die een binnehof bevat ‘n vlugbalbaan en netbalpale en die ander binnehof het ‘n groot fietssloots.
  • Binne elke binnehof is daar ook ‘n wasgoedlyn waar inwoners hulle wasgoed kan ophang.
  • Die koshuis het ook 2 ruim sitkamers. Een vir formele kuiergaste en die ander vir informele gaste, met ‘n tv (DStv), pool-tafel, tafeltennis baan sowel as ander speletjies.
  • Daar is ook ‘n groot rekenaar lokaal met 8 rekenaars met internetfasiliteite vir as daar inwoners is sonder rekenaartoegang.