“Loop voor hulle om te lei, loop langs hulle as vriende, en loop agter hulle vir perspektief en leiding.”

Visie

Om 'n toonaangewende manskoshuis op kampus te wees deur trots en passie onder mekaar te kweek en ʼn eenheid van broederskap te vestig, en om die standaard met selfvertroue te stel en dit dinamies te bestuur.

Missie

  • Om eerlikheid, openlikheid en vertroue na te streef.
  • Om ʼn onbreekbare vriendskap te bou.
  • Om betrokkenheid in die koshuis aan te moedig.
  • Om ondersteuning en hulp aan mekaar ten alle tye te bied.
  • Om alles beter te los as wat ons dit gekry het.
  • Om vir die koshuis geleenthede te skep om betrokke te kan wees en te kan groei.
  • Om seniors op die hande te dra en eerstejaars deel te laat voel.
  • Om God te eer, maak nie saak of ons wen of verloor nie.

Goed om te weet

  • HEIMAT is ʼn ware tuiste, nie gebou met bakstene nie, maar met bande van broederskap.
  • Die HEIMAT-gebou is die oudste gebou op kampus, gebou in 1927.
  • Ons skryf HEIMAT altyd met hoofletters
  • HEIMAT se mans is bekend as die ware here op kampus.
  • HEIMAT was een van die eerste koshuise.
  • HEIMAT se klubhuis staanbekend as die “Klapheis”.
  • HEIMAT se jaareindviering is die “Tour de HEIMAT”.

 

So hoekom sal jy HEIMAT kies?

Want jy wil deel wees van die BESTE terwyl jy jou studentelewe ten volle geniet. Maak ʼn ingeligte keuse!

 

Hoekom ʼn dorpskoshuis?

HEIMAT is ʼn dorpskoshuis. Dit beteken dat al die HEIMAT-studente in private akkommodasie soos woonstelle of huise in die dorp woon. Behuisingsdienste wat handig te pas kan kom:

Pukkie Verblyf (Johann Haupt) en CampusKey (Jaco Marais).

 

Waarom aansluit by ʼn dorpskoshuis? Die antwoord:

Om deel te wees van die NWU Potchefstroomkampus se unieke studentelewe. Sonder HEIMAT kan jy nie deelneem aan koshuissport nie, kan jy nie deelneem aan kultuuraktiwiteite nie, en kan jy nie deelneem aan die registrasie- en oriënteringsprogram nie.