Voorwoord

Studentwees op die NWU Potchefstroomkampus is opwindend, en om te kom deel in die lang, goeie tradisie van Huis Republiek mag dalk net die hoogtepunt van alles wees. In hierdie koshuis word hoë standaarde gestel, en ons glo jy sal deur jou betrokkenheid dit verder kom uitbou.

In Huis Republiek strewe ons na ’n gebalanseerde lewe, waarin jy in die eerste plek in jou akademie die beste moontlike vordering sal maak. Daarmee saam wil ons hê jy moet ’n verrykende sosiale lewe hê, entoesiasties aan sport deelneem, en op kulturele gebied jou potensiaal verwesenlik. Die onderbou vir dit alles is die geestelike waardes wat ons hoop om op al die gebiede sigbaar te maak.

Ons koshuisleuse – Vroulikheid met ’n tikkie andersheid – is iets waaraan jy solank kan herkou.

Repie groete
Prof Muller

 

Prof. Francois Muller Marie O'Kelly
Werk: 018 285 2350 Werk: 018 299 4180
Huis: 018 299 4181 E-pos: Marie.OKelly@nwu.ac.za
E-pos: Muller.Francois@nwu.ac.za