Corridor 1 - First Base

Gang 1 - Mol's Hol

Die tema van Mol’s Hol beeld Skotland uit. Die gang dra “kilts” met spesiale geleenthede en het ook hul eie haka. Die gang is op die grondvloer en hulle is ook die kleinste gang, maar is wel bekend vir die hul goeie gees. Die Molle is ook bekend vir hul standbeelde en ander tuinornamente wat die gang versier in hul gesogte sitkamer, naamlik Mol-kinekor.

Corridor 2 - Bureaucrats

Gang 2 - Commancheros

Die tema van Commancheros is Meksikaans. Dit is ook hier waar die oopplan-sitkamer gevind word waar daar baie keer groot rugby en sokker gekyk word. Die gang het verskillende vleuels soos Criminal Corner, Bermuda Square, Bahamas en die Highway. Comma's soos meeste mense na hul verwys, is die gang waar inwoners mees ontspanne is.

Corridor 3- Bad Boys

Gang 3 - Ophiuchus

Ophiuchus, latyns vir “Draer van die Slang”, het 'n militêre tema. Die gang is ten volle gekamofleer en spog met gedeeltes soos: Die Dome, Hoof-Kwartier, Die Bib en Die Loopgraaf. Ophiuchus is dan die gang wat met trots die Primarius huisves. Elke jaar sal Ophiuchus ook ‘n eerstejaar van die jaar aankondig, wat met ‘n weermagrang vereer word.

Corridor 4 - Shibumi

 

Gang 4 - Pastas

Pastas is die gang met ‘n boere-tema. Dit is die boonste gang in Patria. Hier vind jy gedeeltes soos: Castle Corner, Koekie Hoekie en die Bosveld.