Corridor 1 - First Base

Gang 1 - Gorgo

“Oud genoeg om van beter te weet; jonk genoeg om dit in elk geval te doen”. Gorgo is die onderste gang in die P-blok en is bekend vir sy patio-braai, Oros-aksies en Goeie Gees. Gorgo se kleur is oranje en ons is een van die mees tradisionele gange in Vergeet-My-Nie-dameskoshuis. Ons lees ons leuse daagliks uit, want dit is pret om jonk en ʼn student te wees. En in GORGO is dit nóg meer pret!

 

Corridor 2 - Bureaucrats

Gang 2 - Harla Boerla

“Die Lewe Gee Jou Een Kans – Druk Jou Stempel Af”. Harla Boerla staan bekend as die gang met die meeste gees. Ons is ʼn groep meisies met verskillende persoonlikhede, maar ons is altyd gereed om saam te speel, saam te werk, en om mekaar deur dik en dun by te staan. In Harla Boerla leef ons ons leuse uit deur elke geleentheid aan te gryp en oral waar ons gaan ons stempel af te druk. Ons is nie net ʼn gang nie, maar één groot gelukkige gesin!

Corridor 3- Bad Boys

Gang 3 - Bacchus

“Een maal ʼn Bacchus-meisie, altyd ʼn Bacchus-meisie!” Wat in Bacchus gebeur, bly in Bacchus, maar hierdie is ʼn uitsondering om jou ʼn idee te gee van wat jy kan verwag van hierdie gang. Bacchus is die BLOU gang, waar geheimhouding en trots aan die orde van die dag is. Dit is ʼn eer om in Bacchus te woon en jy sal vinnig deel gemaak word van ʼn trotse en tradisionele gesin. Die bloksitkamer is meer van ʼn tuiste as jou eie kamer, en Bacchus-vroue hou daarvan om saam te kom en die lewe voluit te geniet.

Corridor 4 - Shibumi

 

Gang 4 - Villa-Hê

“Ons doen dinge op ons eie manier.” Villa-Hê is ʼn gang vir individualiste. Die atmosfeer in die gang is onbeskryflik, want jy kan ons nie in ʼn boksie sit of stereotipeer nie. ʼn Gang gevul met eksentrieke, uiteenlopende, luide, sportiewe en kunssinnige inwoners – ʼn resep vir ʼn gang met baie gees en positiwiteit. Die tema van die gang is Indiane en die gelukbringer is ʼn Indiaanse vrou, Ayana Southwind Spirit, wat vryheid simboliseer. Want hier in VH het jy die vryheid om jouself te wees. Saam is ons ʼn eenheid in verskeidenheid.

Corridor 5 - 5th Avenue

Gang 5 - Histeria

“As jy hulle nie kan oortuig nie, verwar hulle.” Histeria is die PIENK gang, en ons noem onsself DIE DAMES VAN DIE KOSHUIS. Ons geniet elke oomblik van ons studente- en koshuislewens. Ons glo dat die lewe ʼn groot avontuur is, en ons wil dit ervaar! Ons ganguniform is grys hemde met ʼn pienk Boheemse embleem en blommetjieskopbande om ons vrye geeste te simboliseer. Ons streef almal daarna om jong, spontane, vreugdevolle en stylvolle Histeria-dames te wees, soos die dame op ons muur. Sy is ons trots en sy is pragtig!

Corridor 6- Haak & Steek

Gang 6 - Molesnes

“Vandag, More, Altyd Saam.” Woorde kan nie beskryf hoe dit voel om deel te wees van Molesnes nie! Ons uitsig is ewe onbeskryflik. Sodra die hysbak oopmaak en jy by die blok instap, besef jy dat jy in die beste gang in Vergeet-My-Nie-dameskoshuis is. Met die reuk van koffie wat in die lug hang, iemand wat altyd op die sagte pers tapyt lê en die mooiste bloksitkamer in die koshuis is Molesnes meer as net ʼn gang: dit is ʼn tuiste! Pers is ons kleur en Hedwig, ons ganguil, en ons gelukbringer, Indigo, is deel van ons almal. In Molesnes kan elke Mollie haarself wees en uiting gee aan haar uniekheid, of dit nou op kuns, sport- of akademiese gebied is! Want in Molesnes is ons meer as net vriendinne, ONS IS SUSTERS EN ONS IS VANDAG, MORE, ALTYD SAAM.