Bohlale Village & Bohlale Fase 2 | Studies | NWU | North-West University

 

Bohlale Village & Bohlale Fase 2 is 1,2 kilometer van die NWU Vaaldriehoekkampus en bied gedeelde akkommodasie aan 660 studente. Die akkommodasie maak voorsiening vir vroue en mansstudente in aparte eenhede.

Kamers:

Beperkte enkelkamers vir Nagraadse studente. Drie dubbelkamers volledig gemeubileer per eenheid.

Ander fasiliteite:

  • Badkamers: Twee gemeenskaplike badkamers
  • Kombuise: Een gemeenskaplike kombuis ten volle toegerus
  • Gemeenskaplike waskamer
  • TV kamers
  • WiFi
  • Kiosk op die terrein
  • Busvervoer tussen universiteit en koshuis​

Benodig jy meer inligting?

Kontak asseblief Mev Karin Venter by (016 910 3308) vir meer inligting.

 

Waar is ons?

Ons is 1,2 km van die NWU Vaaldriehoekkampus geleë. Aanwysings