RO 2023

Belangrike aankondiging: Opdaterings met betrekking tot die 2023-registrasie- en oriënteringsprogramUpdates with respect to the 2023 Registration and Orientation Programme

26 Januarie 2023

Geagte Voornemende Student

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het besluit om die 2023 Registrasie en Oriënteringstydperk (R&O)-program te wysig weens die aanduiding wat van die Nasionale Finansiële Hulpskema (NSFAS) ontvang is dat die finale befondsingstatus van voornemende eerstejaarstudente slegs vanaf 6 Februarie 2023 beskikbaar sal wees. Die registrasiestatus van studente kan eers finaal gemaak word sodra hul befondsingstatus bevestig is. Ongelukkig sal studente wat voorwaardelik geregistreer is nie toegelaat word om van universiteitsfasiliteite gebruik te maak of 'n universiteitskoshuis te betrek nie.

Die universiteit erken dat die laat bekendmaking van die NSFAS-befondsingsresultate 'n impak sal hê op die vermoë van 'n groot aantal studente om betyds hul registrasie te voltooi, op kampus te arriveer en aan die R&O-program deel te neem. Daarom is die volgende veranderinge aan die R&O-program gemaak as deel van ons verbintenis om studentesukses te verseker:

Nuwe datum

Aankoms van eerstejaarstudente op kampus / besetting van Universiteitskoshuis

3-8 Februarie 2023

Aanvang van oriënteringsprogram

9 Februarie 2023

 

Studente wat in universiteitskoshuise woon en voor 9 Februarie 2023 arriveer, sal steeds beperkte oriëntasie ontvang wat verband hou met die onmiddellike dienste en programme wat in die koshuise beskikbaar is. Die bygewerkte R&O-program bly grootliks soortgelyk en sal steeds blootstelling aan die fakulteite en ondersteuningsdienste bied, terwyl dit vir ko-kurrikulêre en koshuisprogramme moontlik maak, en sodoende studente aan ons lewendige studentelewe bekendstel.

Die R&O-program sal op 18 Februarie 2023 eindig, met klasse wat soos beplan op 20 Februarie 2023 sal begin.

Please be assured that you will be kept abreast of any new developments via this page.

Enige navrae kan gerig word aan:

  •   WhatsApp-lyn: +27 60 070 2606
  •   SMS-lyn: 31750
  •   E-pos: studies@mynwu.info
  •   Inbelsentrum: 086 016 9698

Ons sien daarna uit om jou by die NWU te verwelkom.

Vriendelike groete,
Dr Sibusiso Chalufu
Uitvoerende Direkteur: Studentelewe

NWU Registrasie-inligting

Die Noordwes-Universiteit (NWU) sal nie tydens die registrasietyd vir eerstejaarstudente in 2023 persone wat nie vir toelating gekwalifiseer het nie, nie ’n aanbod om te studeer, ontvang het nie, of dié wat laat aansoek gedoen het, toelaat om sy kampusse as sogenaamde instapstudente te betree om in te skryf nie. Lees meer

NWU Registrasie en Oriënteringstydperk-program

 

Beskrywing

Datum

1.

REGISTRASIETYDPERK

 

Aanlyn registrasie vir eerstejaarstudente BEGIN

23 Januarie 2023

2.

AANKOMS VAN EERSTEJAARSTUDENTE

 

  • Aankoms van geregistreerde eerstejaarstudente op kampusse
  • Geregistreerde eerstejaarstudente kan begin om by universiteitskoshuise in te trek
  • Geregistreerde eerstejaarstudente wat in privaat akkommodasie woon, kan begin om vir dorpskoshuislidmaatskap te registreer

3-8 Februarie 2023

3.

ORIëNTERINGSPROGRAM BEGIN

 

Oriënteringsprogram BEGIN

9 Februarie 2023

 

Oriënteringsprogram EINDIG

18 Februarie 2023

4.

AKADEMIESE KLASSE BEGIN

20 FEBRUARIE 2023

Kampusregistrasie- en Oriënteringsgidse

Etes, spyseniering en eetgeriewe

Verwys asseblief na infografika van die betrokke kampus se waar jy van plan is om te registreer.
 

Sentrum vir Onderrig en Leer

efundi
navigator
academic advising
peer mentoring